
=====================================================================
8 - Die Kusgebied
=====================================================================


8
DIE KUSGEBIED

Die huidige situasie

Suid-Afrika het 'n baie ryk kusgebied. Dit het baie verskillende soorte vis. Daar is belangrike minerale in sekere gebiede. Dele van die kus is baie mooi en geskik vir toerisme. Daar is baie gemeenskappe wat langs die kus woon. Sommige is baie ryk. Ander is baie arm. Die getal mense wat op die kus woon neem toe. Meer toeriste besoek ons kus.


Gedurende die afgelope paar jaar het daar baie ontwikkeling in die kusgebiede plaasgevind. Party van dit het skade aan die land en die see aangerig. Sommige estuaries is beskadig.


Meer as 'n driekwart van die besoedeling in die see is van die land afkomstig. Dit word deur fabrieke en rioolafvoering van dorpe veroorsaak. Renwater wat vanaf boerderye in die see afloop, is besoedel met kompos en chemikalie wat gebruik word om insekte dood te maak. Olie word in die see gestort deur beskadigde skepe.


Die vlak dele van die see naby die kus, bevat baie vis. Kreef word ook hier aangetref. Suid-Afrika is 'n land met medium-grootte vis. Daar word hoofsaaklik stokvis, sardyn

en ansjovis gevang. Groot visvangmaatskappye vang die meeste van die vis. Daar is minder klein maatskappye en gemeenskapsvissermanne as wat daar voorheen was. Baie mense vang vis vir ontspanning. Dit dra by tot die alreeds groot aantal visse wat jaarliks gevang word. Die getal visse in die see het minder geword.


Die bestuur van die kusgebied is nie goed beplan nie. Maar sedert die 1980's het mense besef dat dit belangrik is om beter te beplanning te handhaaf om na ons kus om te sien.


Sleutel-beleidsaspekte vir die nuwe regering:

1 . Heelwat ontwikkeling vind langs die kus plaas. Daar is geen oorkoepelende plan vir die kusgebied nie. Baie verskillende planne word gebruik. Baie van die planne neem nie die omgewings in ag nie.


2. Die kus is 'n baie sensitiewe area. Die regering moet wette uitvaardig en stelsels in werking stel wat sal verseker dat daar na omgewingsake omgesien word langs die hele kus.


3. Daar is baie verskillende soorte ontwikkelings wat langs die kus plaasvind. Die regering sal moet besluit watter soort ontwikkeling op die kus toegelaat kan word. Die regering sal byvoorbeeld moet besluit of visvanglisensies op die Weskus aan gemeenskapsvissermanne of groot visvangmaatskappye toegestaan moet word. (Sien Figuur 7). Die regering sal ook moet besluit of mynbou of ekotoerisme by St. Lucia toegelaat moet word. (Sien Figuur 5,). Die regering moet 'n manier vind om behoorlike besluite in die verband te neem. Die mense moet toegelaat word om deel te wees van hierdie besluitnemingsproses.

FIGUUR 7:

EBENHAESER

VISSERSGEMEENSKAP


Waar is die visse heen?

Ebenhaeser in Namakwaland is as `n sendingstasie begin om die plaaslike swart mense `n plek te gee om te woon. Vandag word dit deur die gemeenskap bestuur deur middel van `n verkose, plaaslike bestuursraad. Die Missie het lede van die Ebenhaeser Visvang-Komitee by Olifantdrif ontmoet.

Die gemeenskap het verduidelik dat hulle moet visvang om te leef en geld te verdien. Lisensies om in die rivier vis te vang word deur die Kaapse Natuurbewaringskantoor op Vanrhynsdorp uitgereik. Maar geen lisensies is sedert die einde van 1993 aan hulle uitgereik nie. Die mense word nou desperaat.

Sommige van die mense het hulle werk by die kreeffabriek op Doringbaai verloor. Nou wil hulle lisensies h om in die rivier slegs genoeg vis te vang om hulle eie families te voed. Hulle kan nie genoeg vis vang om te verkoop nie.

Oom Dawid, `n gemeenskapsleier, het gese daar is twee redes vir die min vis. Een is die diamantbote by die mond van die rivier. Hierdie bote suig diamante van die seebodem af op. Die geraas en die ligte van die bote dryf die visse weg. Die tweede probleem is die groeiende aantal robbe. Robbe swem met die rivier op en breek die gemeenskap se nette op soek na vis. Nuwe nette kan R5OO of meer kos. Die gemeenskap kan dit nie beskostig nie.

Die robbe en die diamantbote het die gemeenskap se vermo om geld te verdien, weggeneem. Die gemeenskap is nie deur die eienaars van die bote vergoed nie. En die gemeenskap word nie toegelaat om in die rivier vis te vang nie.

Ons besoek aan die gebied het ons 'n aanduiding gegee hoe die regering sal moet besluit wie toegelaat moet word om ons natuurlike bronne te gebruik.

4. Ons moet ons natuurlike bronne bangs die kus beskerm. Bykans 'n kwart van die kuslyn word deur nasionale parke, provinsiale en private natuurreservate, ens. beskerm. Maar party belangrike areas word nie beskerm nie. Hierdie beskermde areas sluit nie die vlak water van die see in nie. Die publiek was nie betrokke by die besluite oor watter gebiede beskerm moet word nie. Plaaslike gemeenskappe het nie genoeg voordeel getrek uit hierdie beskermde gebiede nie.

5. Baie min is gedoen om gebiede te beskerm wat belangrik is weens geskiedkundige of kulturele redes, of plekke wat geskik is vir opvoeding of vir mense om te ontspan en hulself te geniet. Ons moet metodes vind om seker te maak dat hierdie plekke vir die publiek toeganklik bly.


6. Daar is baie verskillende wette wat die natuurlike bronne bangs ons kus beskerm. Maar daar is nie genoeg personeel of geld om te verseker dat mense nie die wette oortree nie. Die verskillende regeringsdepartemente werk nie goed saam om te verseker dat die wette nie oortree word nie.


7. Die Water Wet beheer watter afval nywerhede en plaaslike owerhede in die see kan stort. Maar 'n nuwe manier om die probleem te benader is om die toestand van die see vas te stel en te bepaal hoeveel afval dit kan absorbeer sonder om beskadig te word. Dit word die Ontvangende Waterkwaliteit Doetwit-benadering ('Receiving Water Quality Objectives Approach") genoem. Dit is moeilik om te bewys dat iemand die wet oortree het. En as dit bewys word, is die boetes te klein. Daar is ook probleme om te kontroleer wat met stormwater gebeur.


8. Daar is al heelwat wetenskaplike navorsing langs ons kuslyn gedoen. Maar daar is nog nie baie navorsing gedoen oor die omstandighede van mense wat langs die kus bly en die effek wat hulle op die omgewing het nie. Daar moet navorsing oor die gebied gedoen word. Die mense moet by die navorsing betrek word. Die navorsing moet ook help om die probleme wat agtergeblewe gemeenskappe ervaar, op te los.


9. Toerisme langs die kus is besig om toe te neem. Maar toerisme moet omgewingsvriendelik wees. Ons moet nie te veel hotelle en paaie bou nie. Ons moet toeriste opvoed om ons kus te respekteer en daarna om te sien.

Voorstelle


1 . Ons moet definieer wat ons met kus (of kusgebied) bedoel. Die nasionale regering moet 'n beleid vir die gebied formuleer. Provinsiale en plaaslike owerhede moet aan die beleidsformulering deelneem.


2. Die bestuur van die kus moet die bestuur van riviermondings insluit. Daar is ook ander gebiede soos mangliettel en moerasse wat beskerm moet word.


3. Nuwe beleid vir die kus moet die volgende beginsels en doelwitte insluit:


(1) die kus behoort aan alle Suid-Afrikaners en moet aan almal oopgestel wees

(2) die regering moet so veel bronne as moontlik langs die kus, besit en beheer;

(3) ontwikkeling langs die kus moet soveel mense as moontlik bevoordeel. Maar die ontwikkeling moet nie ons omgewing beskadig nie.


4. Die mense moet betrokkke wees by die formulering van 'n beleid vir die kus.


5. Tot tyd en wyl die regering besluit het hoe om na die kus om te sien, moet hulle geen regeringsgrond in die gebied verkoop nie. Hulle moet ook baie streng wees oor die wyse waar op privaatgrond aangewend word.


6. Die regering moet vasstel hoe die verskillende gebruike van die grond die estuaries sal benvloed.


7. Ons moet skoolkinders, die publiek en toeriste onderrig oor hoe waardevol ons kus is, en hoe maklik dit beskadig kan word.

8. Alle wette wat op die kus van toepassing is, moet in een wet vervat word. Die Departement van Omgewingsake en Toerisme moet in beheer van hierdie wet wees.


9. Alle ontwikkeling langs die kus moet 'n omgewingsimpakstudie volgens die IEM-proses h.


10. Die regering moet metodes ontwikkel om besoedeling te keer voordat dit in die see beland.


11. Verbeterde wette wat besoedeling beheer, moet gemaak word. Die regering moet verseker dat mense nie die wette oortree nie. Die Departement van Omgewingsake en Toerisme moet besoedeling beheer.


12. Omgewingsvriendelike toerisme moet bevorder word langs die kus.


---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


